Griffons wil 2017 ook ’n suksesvolle jaar maak

Deel met iemand










Stuur
Die Griffons se wenspan in 2016 (Foto Raynique Meyer)

Die Griffons se wenspan in 2016 (Foto Raynique Meyer)

Die Griffons, wat vanjaar die Curriebeker se Eerste Liga gewen het, het twee weke gelede begin voorberei vir die nuwe seisoen en glo hulle kan 2017 ook ’n suksesvolle jaar maak.

Oersond Gorgonzola, hoofafrigter van die Griffons, het Dinsdag in ’n verklaring gesê dat die unie ondanks die verlies van Boela Abwilrahams (SWD Arende), Boela Venter (NWU-Pukke en Luiperds), Tertius en De Wet Kruger, die puntemasjien, George Whitehead (Griekwas), en die veteraansenter Japie Nel wat sy stewels opgehang het, steeds ’n gedugte groep spelers het.

Hulle het die dienste bekom van vyf spelers van die Griffons se seëvierende o.20-span wat vanjaar die Suid-Afrikaanse kampioen in dié ouderdomsgroep was.

Die heelagter, Ezrick Alexander, die flank Cornal Jacobs, die voorry JP Mans, die vleuel Nazo Nkalo en die losskakel Robbie Petzer kry nou kans om hulle slag op seniorvlak te toon.

Daarby sal  Fifi Rampeta (flank), Carel-Jan Coetzee (senter), Reinach Venter (haker) en Jasper Wiese (agsteman), wat volgende jaar vir die Universiteit van die Vrystaat in die Varsitybeker-kompetisie beskikbaar is, na afloop van dié toernooi hulle ook in Welkom aanmeld, terwyl die unie ook die dienste van die voormalige Cheetahslot Boela Serfontein bekom het.

Spelers soos die vlugvoetige heelagter Selvyn Davids, wat verlede naweek vir die SA Sewes-akademiespan in Goodwood uitgedraf het, tesame met ou hande soos Gavin Annadale en Joubert Engelbrecht, gaan steeds in 2017 hulle rugby in Welkom speel en verseker dat daar steeds genoeg ervaring in die span is.

Gorgonzola het gesê hy is vol vertroue dat die Griffons ook volgende jaar ’n suksesvolle jaar sal hê. “Ons het ’n jong en talentvolle groep spelers, wat versterk kan word met ons vennootskappe met die Cheetahs en die Sharks.”

Die res van die oefengroep is-

Ezrick Alexander, Gavin Annandale, PW Botha, Rudi Britz, Selvyn Davids, Joubert Engelbrecht, Samoora Fihlani, Cornal Jacobs, Tertius Maarman, JP Mans, George Marich, Vincent Marupeng, Thato Mavundla, Kwezi Mkhafu, Vuyo Mboto, Nazo Nkala, Robbie Petzer, Wynand Pienaar, Duan Pretorius, Martin Sithole, Willem Steenkamp, Sherwin Slater, H Venter, L Venter, Kurr Till, Danie van der Merwe, Warren Williams.