Oud-Stormer puik in Sarries-wegholsege

Deel met iemand










Stuur
Michael Rhodes (Foto: Twitter)

Michael Rhodes (Foto: Twitter)

Die gewese Stormers-flank Michael Rhodes het puik vertoon in Saracens se wegholsege van 45-10 teen die Franse klub Oyonnax Sondag in die reeks om die Europese Kampioenskapsbeker.

Hy het die veld in die Stade Charles Mathon, Oyonnax, vol gespeel en `n hand in twee van sy span se ses drieë gehad.

Eers het hy Maro Itoje oorgestuur vir `n drie, en daarna die grondslag vir Richard Wigglesworth s’n gelê.

Die Springbokhaker, Schalk Brits, het van die bank af opgekom en in die laaste minuut `n drie gedruk om die seël op Sarriese se oorwinning te plaas.

♦ In die Skotse Premierliga het `n gewese Kapenaar, Wiaan Griebenow, twee drieë vir Hawick in sy oorwinning van 35-18 oor Selkirk gedruk.

Hy speel senter vir die klub nadat hy voorheen as heelagter vir Noordelikes Northlink-kollege (NNK) in Kaapstad uitgedraf het.

♦ Henri Boshoff, `n stut wat Vodacombekerrugby vir die Goue Leeus en Boland Kavaliers gespeel het, het in dieselfde reeks `n drie vir Kelso teen Glasgow Hutchesons’ Aloysians (GHA) gedruk, wat `n verloorbonuspunt vir sy klub verseker het.

GHA het die kragmeting 23-19 gewen.