SWD Arende mik na topnege in Curriebekerreeks

Deel met iemand

Stuur
Deon Davids (Foto: Twitter)

Deon Davids (Foto: Twitter)

Die SWD Arende mik daarna om aanstaande jaar ná die opstellende ronde van die Curriebekerreeks met die topnege saam te gesels.

Dis die voorkeurdoelwit van die ervare nuwe hoofafrigter, Deon Davids, wat daarna streef om `n wenkultuur en `n genotvolle omgewing van samehorigheid by die bond te skep.

Hy volg die Springbok Bevin Fortuin in die pos op en sê op navraag deur Pale Toe! hy wil die spelers oor die lang termyn fisiek, sielkundig en sosiaal ontwikkel om op en van die veld af beter mense te wees.

Wat speelpatroon betref, glo hy die span moet te eniger tyd die keuse hê om in oop ruimtes aan te val.

“Om dit te kan regkry, moet ons oor uitstekende vaste fasette asook goeie aangee-, hardloop- en besluitnemingsvaardighede beskik.”

Davids sê die bond probeer spelersgewys kontinuiteit behou deur grootliks vanjaar se groep te behou.

“Ons het egter leemtes in die ruggraat van die span om aan te vul. Spelers soos Leighton Eksteen, Dillin Snell, Charles Radebe en Schalk Oelofse behoort hulself in die reeks te laat geld.”

Davids, wat die Boland verteenwoordig en in sy speeldae op agsteman, flank en slot uitgedraf het, was die afgelope drie jaar die hoofafrigter van die Arende se rugbyakademie wat by die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) se George-kampus gesetel is.

Hy rig al 25 jaar lank af en sy 12 jaar as hoofafrigter sluit diens by die Boland Kavaliers, die Goue Leeus se Vodacombeker- en o.21-span, en die SWD-akademie se o.21- en o.19-span in.

Hy was as hulpafrigter by die SA o.20-span, die Opkomende Springbokke, die SA Studente en die Afrika-Luiperds betrokke.

In dié hoedanigheid het hy die Opkomende Bokke in 2008 gehelp om die destydse Internasionale Rugbyraad se Nasiesbeker te wen; en die Boland Kavaliers om die Curriebeker- Eerste Liga in 2003 en 2004 te wen en die Vodacomskild in 2005.

Worcester Villagers het onder sy hand die Bolandliga se Super B-kampioenskap in 1998 gewen en Bolandkollege se o.21-span hul liga in 2002. Dié kollege was dieselfde jaar onoorwonne in die SA Studentesportunie (SASSU) se toernooi in Oos-Londen.