Kyk hoe baie Bokke was nie by die Cravenweek!

Deel met iemand










Stuur

willie-le-rouxWord daar swak gekeur op provinsiale vlak? Of is dit, soos baie beweer, `n boetie-boetie spul? Of miskien is dit (onwaarskynlik!) dat hulle álmal eers laat as spelers ontwikkel het.

Wie sal weet? Maar hieronder is `n lys van Springbokke, waaronder vier Springbokkapteins en tien spelers wat die Wêreldbeker help wen het wat nooit Cravenweekrugby gespeel het nie.

Onder hulle is daar die twee helde van die afgelope toetse teen Wallis en Skotland – Willie le Roux en Lood de Jager – en ook Marcell Coetzee, Stephan Lewies en Francois Hougaard uit die toetsreeks vir wie Cravenweek nie beskore was nie.

Maar as jy nie jou provinsie se Cravenweekspan gemaak het nie, is Springbokkleure egter nog lank nie vir jou neusie verby nie.

Dit is die gevolgtrekking wat gemaak kan word deur die ellelange lys hieronder van spelers wat nooit Cravenweekrugby gespeel het nie, maar tog die Groen-en-Goud gedra het. Dit geld natuurlik net vir Bokke wat van 1964 af vir die heel eerste Cravenweekspanne in aanmerking kon gekom het en sluit dus nie gekleurde spelers in wat tot heelwat later weens politieke redes nie vir provinsiale skolespanne verkiesbaar was nie.

Die nie-Cravenweekbokke se vier Springbokkapteins is Morné du Plessis, Divan Serfontein, Gary Teichmann en Johann Muller. Die Wêreldbekerwenners is Bryan Habana, Butch James, Gavin Johnson, André Joubert, Krynauw Otto, Chris Rossouw, Danie Rossouw, Johan Roux, Juan Smith en Kobus Wiese.

Interessant genoeg het die Springbokkaptein Jean de Villiers ook nie plek gekry in die WP se Cravenweekspan nie. Hy het as lid van die Akademiespan die Cravenweek bygewoon.

Nie-Cravenweekbokke wat vanjaar nog Superrugby gespeel het, is Odwa Ndungane, Jongi Nokwe, Marcell Coetzee, Gio Aplon, Bjorn Basson, Francois Hougaard, Lood de Jager, Stephan Lewies, Piet van Zyl, Willie le Roux, Charl Mcleod en Tiaan Liebenberg.

Groot name in Suid-Afrika se afrigtingstrutkure wat Springbokke is maar dit ook nie tot die Cravenweekspanne gemaak het nie, sluit in Dawie Theron (Junior Springbokke se afrigter), Johan Ackermann (Lionafrigter), Dick Muir (voormalige Springbokhulpafrigter, Sharkafrigter en Lionafrigter), Kevin Putt (voormalige Sharkafrigter), Deon Oosthuysen (voormalige Springboksewesafrigter), Gysie Pienaar (hulpafrigter van die 1995 Springbokke wat die Wêreldbeker gewen het) en Gerrie Sonnekus (aangewese Bokafrigter).

Vier bekende rugbykommentators in die groep van nie-Cravenweekbokke is Breyton Paulse, Warren Brosnihan, Hanyani Shimange en Kobus Wiese; en dan is die nuwe spanbestuuurder van die Blou Bulle, Tim Dlulane, ook op die lysie.

(Die onderstaande lys is hoofsaaklik van www.rugby365.com verkry waar die gesiene rugbykrywer Paul Dobson die harde werk gedoen het, met bywerking van die onlangse name deur Hannes Nienaber van www.schoolofrugby.co.za):

Johan Ackerman, Heini Adams, Eddie Andrews, Keith Andrews, Gio Aplon, Anton Barnard, De Wet Barry, Bjorn Basson, Albie Bates, Paul Bayvel, Colin Beck, Christo Bezuidenhout, Nick Bezuidenhout, Robbie Blair, Selborne Boome, BJ Botha, Darius Botha, Gerrie Britz, Warren Brosnihan, Craig Burden, Robert Cockrell, Danie Coetzee, Marcell Coetzee, Peter Cronjé, Quinton Davids, Craig Davidson, Johan de Bruyn, Lood de Jager, Thinus Delport, Chris Dirks, Tim Dlulane, Michael du Plessis, Morné du Plessis, Piet du Plessis, Tommy du Plessis, Hempies du Toit, Pierre Edwards, Frans Erasmus, Kulu Ferreira, Kabamba Floors, Bevin Fortuin, Adrian Garvey, Gerrie Germishuys, Bryan Habana, Dean Hall, Ronnie Hill, Henry Honiball, François Hougaard, Niel Hugo, Daan Human, Butch James, Theo Jansen van Rensburg, Gavin Johnson, André Joubert, Marius Joubert, Willie Kahts, Deon Kayser, Juandré Kruger, Stephan Lewies, Johan le Roux, Martiens le Roux, Willie le Roux, Tiaan Liebenberg, Deon Lotter, Ricardo Loubscher, François Louw, Martiens Louw, Ian Macdonald, Adolf Malan, Robert Markram, Ian McCallum, Roy McCallum, Charl McLeod, Louis Moolman, Ray Mordt, Gerhard Mostert, Brent Moyle, Dick Muir, Johann Muller, Odwa Ndungane, Owen Nkumane, Jongi Nokwe, Theo Oosthuizen, Deon Oosthuysen, Krynauw Otto, Gavin Passens, Breyton Paulse, Gysie Pienaar, Barend Pieterse, Ronnie Potgieter, Richard Prentis, André Pretorius, Jaco Pretorius, Piet Pretorius, Kevin Putt, Harry Roberts, Chris Rogers, Chris Rossouw, Danie Rossouw, Pieter Rossouw, Johan Roux, Wessel Roux, Dale Santon, Hendro Scholtz, Divan Serfontein, Hanyani Shimange, FC Smit, Juan Smith, Jackie Snyman, Gerrie Sonnekus, Johan Spies, Rampie Stander, Willem Stapelberg, Johan Steenekamp, Christian Stewart, Johan Strauss, Peter Swanson, Gary Teichmann, Dawie Theron, Errol Tobias, Johnny Trytsman, Solly Tyibilika, Lukas van Biljon, Derek van den Berg, Johan van der Schyff, Cabous van der Westhuizen, Piet van Deventer, Moaner van Heerden, Dan van Zyl, Piet van Zyl, André Venter, Riaan Viljoen, John Villet, Peter Whipp, Kobus Wiese.